EN / AF

Age Restriction:

Alle
16 Julie

18:00

Ticket Prices

GRATIS!

Belangrike faktore

wat die politieke landskap van Suid-Afrika karteer

Gratis lesings
Afrikaans
60 min
WO.16 Julie, 18:00
Belangrike faktore wat die politieke landskap van Suid-Afrika karteer aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Theo Neethling is sedert 1 April 2009 ’n professor in die Departement Politieke Studie en Regeerkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het vanaf 2009 tot 2020 ook as hoof van die department gedien. Hy het in 1989 ’n MA-graad van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO (nou Noordwes-Universiteit) verwerf en in 1992 ’n DLitt et Phil-graad van die Universiteit van Suid-Afrika ontvang, albei in internasionale politiek. Ná ’n dienstydperk van ses jaar in die destydse Departement van Staatkundige Ontwikkeling in Pretoria het hy in 1996 by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Krygskunde (Militêre Akademie) aangesluit. Daar het hy gevorder tot professor en van 2003 tot vroeg-2009 gedien as voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap (Mil) totdat hy by die Universiteit van die Vrystaat diens aanvaar het.

Neethling is die skrywer, en medeskrywer in enkele gevalle, van meer as 200 gepubliseerde uitsette in wetenskaplike en populêr-wetenskaplike publikasies, waaronder 70 artikels in geakkrediteerde wetenskaplike joernale en 23 hoofstukke in vakkundige boeke. Hy het ook reeds meer as 80 navorsingsvoordragte by nasionale en internasionale akademiese byeenkomste gelewer. In dié verband het sy projekte hom geneem na buitelandse regerings en akademiese instellings in al vyf Afrika se streke, Asië, Australasië, Europa en Noord Amerika. Hy het ook by verskeie geleenthede in die buiteland as besoekende dosent opgetree en op die redaksionele rade van verskeie akademiese publikasies gedien. Hy geniet sedert 2009 erkenning van die Nasionale Navorsingstigting as ʼn gegradeerde navorser.

Age Restriction:

Alle
16 Julie

18:00

Ticket Prices

GRATIS!

Related Upcoming Events

  • Literatuurfees

Pieksel – Fanie Viljoen

Kinderstorie-Kuns aangebied deur Lapa

Wednesday SVG
Woensdag
16 Julie

13:30

GRATIS!
WO.
Afrikaans
Alle
  • Literatuurfees

Corlia Fourie

Hulde aan die helde: Aangebied deur NALN

Friday SVG
Vrydag
18 Julie

18:00

ToegangR40
VR.
Afrikaans
Alle
  • Literatuurfees

Let The Stanza Breathe

Saturday SVG
Saterdag
19 Julie

18:00

ToegangR40
SA.
Afrikaans, English, Sesotho, South African Sign Language
Alle
  • Literatuurfees

Garry the Grasshopper has a secret

Susan Coetzer

Tuesday SVG
Dinsdag
15 Julie

15:00

ToegangR40
DI.
English
Alle
This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.