Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van Madeliefie se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans nie. Hans word gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon.