Beginner, Geur en selfversorging, Werkswinkels met kaartjies
Afrikaans
Mebala-bala Hall (EXR 5)
90 min
DO.17 Julie, 15:00
Moeilikheidsgraad: Beginners/Maklik
Aantal mense: 30 mense
Wanneer die winkels se parfuum nie daardie unieke reuk het waarna jy opsoek is nie, hoekom kom maak jy nie net jou eie nie? Kom leer saam hoe verskillende essensiële olies jou emosioneel kan affekteer. Elke individue word dan die geleentheid geskep om al die olies te ruik, en hul gunsteling drie te kies. Elkeen kry die kans om hulle eie persoonlike geur parfuum te meng, en sodoende weg te stap met ‘n parfuum wat by hulle emosionele behoeftes pas. Nog meer kry jy ‘n kans om jou persoonlike resep af te skryf vir die toekoms.
Individue ontvang:
Daar gaan essensiële olies verskaf word sodat elke individu hul eie parfuum kan maak, sowel as ‘n botteltjie sodat hulle die parfuum saam met hulle kan huis toe neem.