09:00 - 17:00 Uitvoering sal vyf dae lank duur (2400 min)
TUE15 July, 09:00
WED16 July, 09:00
THU17 July, 09:00
FRI18 July, 09:00
SAT19 July, 09:00
Om bewusmaking oor voedselsekuriteit te kweek, gaan die kunstenaar Carin Bester oor vyf dae lank 153 960 bone of mieliepitte uittel – dit simboliseer 6% van die miljoene huishoudings in die land wat hongerly. Feesgangers kan deelneem en elk 100 pitte uittel om by te dra tot verskillende hopies pitte wat statistiek oor hongersnood gaan voorstel. So wil Bester mense laat besin oor hul voedselgebruik en -vermorsing. Geld wat feesgangers tydens die installasie bydra, sal geskenk word aan ‘n plaaslike organisasie wat kos verskaf aan hongeres. Die visuele impak van Hunger Count sal mense hopelik inspireer om hul gewoontes te verander en by te dra tot die verligting van hongersnood.