Pichi Keane (uitgespreek as “peachy keen”) is ‘n queen met ‘n onversadigbare lus vir die lewe en ander dinge ... Wulps, woelig en wawyd wakker, skerts en sing Pichi oor liefde, gender en queer-wees in 'n tyd waar almal wonder wat in jou broek sit. Soetsappig is nie geskik vir onder-18’s of die meer fynbesnaardes nie.