EN / AF

Age Restriction:

Alle
18 Julie

15:00

Ticket Prices

Toegang R40
Kaartjies is
beskikbaar via:

Troep

Bun Booyens

Boekbespreking
Afrikaans
60 min
VR.18 Julie, 15:00
In Troep vertel meer as ‘n honderd veterane oor wat hulle van hul dienspligtyd onthou: hoe hulle opgeroep is terwyl hulle op skool was en weggegaan het oorlog toe om eers twee jaar later weer terug huis toe te gaan. Daar is stories oor troepetreine, duimry, grensdiens en landmyne, herinnerings aan vriende, seuns en broers wat nooit teruggekeer het nie. Bun Booyens bring al hierdie stemme bymekaar en vertel van die uitdagende omstandighede wat duisende jong seuns ervaar het. Veterane sal aanklank vind by hierdie verhale wat ook hul geliefdes sal help om te verstaan wat hierdie mense vandag nog saam met hulle dra: Dit wat hulle kan onthou en ook dit wat hulle eenvoudig nie kan vergeet nie.

Bun Booyens is die stigtersdirekteur van die reistydskrif Weg! en die redakteur van die dagkoerant Die Burger, waarvan hy ook ‘n eeufeespublikasie saamgestel het, Die Burger 100 – Sy Mense en Hul Stories (2016). Hy het ook 50 jaar met Fred (2020) oor die spotprentekenaar Fred Mouton, asook Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ‘n Outistiese Seun (2021) geskryf. Bun was ‘n voetsoldaat tydens sy dienspligjare en werk deesdae as ‘n vryskutjoernalis.

Age Restriction:

Alle
18 Julie

15:00

Ticket Prices

Toegang R40
Kaartjies is
beskikbaar via:

Related Upcoming Events

  • Literatuurfees

Bargain Books Bied Aan:

Skrywers in Gesprek

Thursday SVG
Donderdag
17 Julie

12:00

ToegangR40
DO.
Afrikaans
Alle
  • Literatuurfees

Spookstories van CJ Langenhoven

Friday SVG
Vrydag
18 Julie

20:00

ToegangR40
WO. VR.
Afrikaans
Alle
  • Literatuurfees

Belangrike faktore

wat die politieke landskap van Suid-Afrika karteer

Wednesday SVG
Woensdag
16 Julie

18:00

GRATIS!
WO.
Afrikaans
Alle
  • Literatuurfees

Op pad na ’n klooster in die sneeu

Johannes de Villiers

Friday SVG
Vrydag
18 Julie

11:00

ToegangR40
VR.
Afrikaans
Alle
This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.