Om julle weer te kan sien vir 'n aand wat voel soos die sterre en klink soos die berge (selfs al sit ons in 'n teater) sal vir ons een groot avontuur wees. Die betowerende eienskap van die afgelope 12 jaar saam met julle...niks hoef ooit te stagneer nie, want ons kan net saam vloei met waar die musiek en die lewe ons lei. Een ding weet ek, dit kan alles wees wat ons droom. Ek sien julle daar.
Musicians: Jacques de Villiers, Stephen Jonathan, Stanley June, Lardo De Beer, Raziela Greyton