In hierdie holistiese werkswinkel neem ons deelnemers op ‘n unieke reis waar alle sintuie ingespan en die deure na selfontdekking oopgemaak word. Hierdie praktiese en interaktiewe program kombineer kuns, musiek, “food pairing” en ander kreatiewe mediums om ‘n holistiese benadering tot welstand te bevorder.
Kom ervaar ‘n transformerende reis waar kreatiewe selfontdekking, terapie en ontwikkeling hand aan hand gaan. Laat jou sintuie jou lei na ‘n nuwe vlak van welstand en inspirasie, terwyl jy tradisionele en moderne kunsmediums verken en saam ‘n kunswerk skep wat aan ‘n uitsonderlike instansie geskenk sal word.