Veertig jaar nadat Jannie ’n eerste Nederlandstalige liedjie plaaslik gesing het, is De Wals van de Liefde van Toon Hermans die titellied van sy nuwe program van persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns wat sy musiek en loopbaan ingrypend beïnvloed het. Musiekliefhebbers kry nou die geleentheid om al Jannie se “toppers”, soos die Nederlanders sê, in een program te hoor. Hy word op die klavier en altsaksofoon begelei deur die uiters musikale egpaar Marcel en Deryn Dednam.
Musicians: Jannie du Toit, Marcel Dednam, Deryn Dednam